Welcome to the Coinquay web presence -- / -- Welkom by die Coinquay webpraesens (SemGam)

This page contains a short story... completely ficticious, hoor. The title of the story comes from the ritual word "shemgamforash". This page is part of a larger website, the Coinquay web presence. Click the coinquay graphic to return to the main page. You can also reach the main page with the url http://ey.to.hey.to/.

Send comments and greetings to leuce@geocities.com.

Please sign my guestbook [ Sign here ], or read what others have said [ Read here ].


... SemGam

Feurre blanc : Stroop van Sem en Gam
Clarah Hallstein
1994-10-09


deel een

Vivianne kyk op. "Jy bedoel, julle gaan vanaand?" vra sy ongelowig. Lentz knik sy kop. "En julle dink julle gaan iets regkry?". Lentz knik weer sy kop. "Julle is mal," sê Vivianne, "julle gaan in 'n duiwelsnes in en julle is mal."

Lentz Theron glimlag net. 'n Entjie agter hom staan Cindi, sy vriendin. "Gaan jy saamkom, of gaan ons alleen?" vra sy vir Vivianne. Vivianne kyk in haar rigting, die lig op haar gesig, en antwoord "Ek is nie mal nie. Ek het my lewe lief." Dan voeg sy by "Besides, hoe weet julle daar is nie dalk 'n konvenor nie?"

Lentz skud sy kop. "As daar is, dan sal ons maar net moet hol," sê hy, maar sy stem klink nie so selfversekerd as wat sy woorde laat blyk nie. "Ons het nie 'n keuse nie - ons moet gaan, anders kry Johann haar in die hande, en dan is ons tickets."

Vivianne sit agteroor en sê "Wel, hou my op hoogte. Ek sal by die telefoon sit. Heelnag." Lentz glimlag, en sê "Dis goed so. Kyk mooi na jouself. En bid vir ons." Cindi trek hom aan sy skouer en sê "Dit word laat, Lentz. Kom ons waai," en met die draai sy om en loop saam met hom deur die voordeur na buite.

Die nag is koud, en wolkloos. Agter die Duiwehokke kruip die volmaan weg. In die kombi sit drie ander jongmense. Theresa, oorspronklik van die Kraaifonteinkubus, sit agter by die radio en luister aandagtig. Voor die stuur sit Calin, oudlekepriester van Camptonpark. Langs haar, kiertsregop en blykbaar baie gespanne, wag Samuel, die enigste een van die groep met 'n skoon verlede.

Lentz maak die sydeur oop, en Cindi klim voor hom in. "Dankie," sê sy, en gaan sit langs Theresa op die bank. Cindi was in die Bothasigkartel, 'n klein maar gesofitikeerde coventjie, en sy behartig vanaand die koördinasie. Lentz, wat agter haar inklim en die deur saggies toetrek, is, behalwe vir Vivianne wat nie vanaand saamkom nie, die enigste oudlid van die Vrijzeekubus.

"Kom ons ry, Calin. Vivianne sal vir ons bid." sê hy aan die bestuurder, en sy trek weg. Die kombi ry vinnig deur die strate, die verkeer is al dun, want dis laat in die nag. Binnekort is dit middernag, en dan moet hulle daar wees.

Die bussie ry Suidelike Voorstede toe, want dis waar die swartmis gehou gaan word, volgens Samuel se informasie. Samuel is goed bevriend met beide die Tokai- en Constantiacovens, en sê hy kan hul inligting vertrou. Vrijzee se ouens is nie te welkom in daardie omgewing nie, en Anel van die Tokaicoven het gesê die Skiereilandse Brotherhood gaan ook teenwoordig wees.

"Ons sal moet optree," het Lentz gesê toe hy die laaste stukkie nuus gehoor het. "Johann is van die Brotherhood, en hy het lankal 'n ogie op Alida." Die sending sou nie plaasgevind het voor oor 'n maand of twee nie, maar niemand het verwag dat Vrijzee na Tokai sou gaan nie -- Tygerberg is immers die gewone plek. "Soos ek Johann ken sal hy weer in sy geel wa daar oprok," het Samuel bygevoeg, "ons werk dus buite die reg."

Die sending word dus vroeg uitgevoer, en Theresa bly op die radio om die ander agente op hierdie kort kennisgewing te probeer werf. "Wie kom almal al?" vra Cindi gespanne. "Amper niemand nie," antwoord Theresa, "net Andrew kry ons by die afdraai." Lentz se wenkbrou lig, en hy skuif nader aan die karliggie. "Jy moet hom versigtig plaas, Cindi, hy's nog jonk." Andrew is wel sewe-en-twintig, maar't eers 'n jaar tevore tot geloof gekom.

Die kombi bereik die afdraaipad 'n paar sekondes na middernag, en skree tot stilstand langs 'n lang swart figuur. "Ek gaan vandag kerk mis," sê Andrew toe hy inklim, en skielik is almal bly dat hy saamkom. Hy's nog 'n jong christen, en vol vuur. Daarby het hy 'n lieflike sin vir humor.

Nadat Andrew, of Andy soos Samuel hom noem, hom tuisgemaak het op die agterste sitplek, trek die bussie weer weg in volle vaart in die rigting van die reservaat. Die kort pas draai skerp, maar Calin klou behendig aan die swart stuurwiel, en gly om die rante asof dit reguit pad is.

"Mejuffrou Saecaraz, ek hoop jy bestuur die get-away-car!" skree Andy van agter na Calin. Lentz snork. "Hmm, nee ek dink nie so nie, meneer Johnson," sê hy saggies, "ek dink jy gaan vir ons sit en wag. Die mission is te gevaarlik, en ons wil jou nie nou al aan Johann bekendstel nie." Andy sug, en sê dan "Wel, bid dan maar dat 'n copper my nie vang nie - ek't net 'n learners."

Lentz knik net, en glimlag. "Ons is hels onvoorbereid, mense. Cindi, jy sal moet mooi beplan." Hy't in die skaduwee gesit, en moet dit weer sê by die lig. Cindi knik haar kop, en haar ligbruin hare wip in hul bolla.

Die kombi is amper bo-op die berg toe Calin skielik rem trap. "Wat is dit?" wil Theresa weet. "Ek't nou net gedink -- Theresa, kan jy gou luister of daar enige radiogesprekke hier bo plaasvind? Ons mors dalk net 'n bietjie tyd, maar ek sal veiliger voel." Lentz knik en beduie vir Theresa om te soek.

Theresa draai die knoppies van die radio en luister fyn. Intussen ry Calin stadig voort. Toe die kombi oor die bult gaan en aan die ander kant van die berg begin afbeweeg, roep Theresa uit "Die speurafdeling! Hulle's hier. Hulle is op die gewone frekwensie."

Calin bring die voertuig weer tot stilstand, en Theresa luister 'n paar oomblike na die radio in haar oorfone. "Dit smaak my hulle's oral op die berg. Hulle't 'n padblokade by Noorddraai." Noorddraai is twee kilometer verder. "Dan is daar nog 'n groepie by die reservaatingang, klink dit my."

"Damnit!" sê Lentz, "ons is te laat. Daar is geen ander manier om op die berg te kom met hierdie kar nie." Samuel glimlag. "Daar is tog," sê hy, "maar ons sal moet jaag. En daarna sal ons moet klim." Calin kyk hom aan. "Waarheen moet ek ry?" vra sy, en draai die kombi om. "Houtbaai," sê Samuel, "die YMCA-kampterrein teen die berg. Daar's 'n paadjie teen die berg op," hy kyk na Andy en sê vir hom "En jy sal 'n ent moet saamklim. Daar's 'n grondpad daarnaby, maar ek weet nie waar hy by die teerpad aansluit nie."

Cindi het haar omgedraai en 'n deel gehoor wat Samuel gesê het. "Dis nie nodig nie. Kyk, hier's die kaart, ek weet van watter pad jy praat." Sy handig die kaart vir Andy en beduie vir hom hoe hy moet ry om daar te kom. "Calin sal ons ongelukkig nie direk soontoe kan neem nie --dis miskien veiliger maar dit sal langer vat." Lentz grom "En ons het nie tyd nie!"

In 'n rekordtyd draai Calin in na die kampterrein. Daar is reeds 'n groep kampeerders wat blykbaar nog wakker is, maar Calin hou voor die hek stil en die deur vlieg oop. Cindi spring uit en rol die groot kaart op die pad uit. Theresa is by met die flitslig, en almal kom staan om haar.

"Ons sal nog steeds ons gewone posisies inneem. Die klofie waarheen ons gaan is hier," sy wys na die plek op die kaart, "en ons sou hierlangs gekom het. Nou gaan ons daar verbykom, en eindelik sal ons die mis van dieselfde kant af nader." Sy kyk na almal, en vra "Enige vrae?" Hulle skud hulle koppe. Hulle weet wat hulle moet doen. "Vat julle stawwe saam. Julle gaan dit nodig kry as julle afkom," sê Lentz.

Andy klim voor by die stuurwiel in, en toe almal hul goed gevat het, trek hy weg om te gaan wag op die afgespreekte plek. Die ander groeplede hardloop almal deur die kampterrein na die bergpaadjie. 'n Paar mense op die stoep kyk verbaas op toe die vyftal by hulle verbystorm en in die bosse agter die geboue verdwyn.

Die groep is almal geklee in die seremoniële drag van observeerders. Gewoonlik word net lede van die betrokke coven by 'n swartmis toegelaat, maar 'n onderlinge ooreenkoms is onlangs tussen Vrijzee en Monte Vista geteken wat lede van beide covens toelaat om mekaar se byeenkomste by te woon -- mits hulle die regte protokol handhaaf. Naas die swart langbroeke met die Monte Vista kenteken op die pype, het elke lid 'n lang swart jas met kappie aan. Die some van die jas is in katbloed wat met gips gemeng is, gedoop, en vertoon blinkdonkerrooi teen die swart. Om hulle nekke dra hulle wit syserpe, wat hulle as observeerders kenmerk, en by hulle dra elkeen 'n skouersak met toerusting. Hulle hoop nou net nie daar's 'n konvenor nie, iemand wat hulle covenidentiteitskaarte sal vra nie.

Die paadjie is redelik steil, en net gou jaag hulle asems. Samuel hardloop voor, want hy ken die area en weet waar is die minste bosse. Agter hom kom Cindi, wat bo-op die berg sal voorloop. Kort op haar hakke is Theresa en Lentz, en heel agter kom Calin aangesukkel.

Toe hulle na 'n twintig minute bo aankom, gaan dit makliker. Die maan is vol en helder, en die lug is skoon. Na 'n halfuur kom hulle by die misterrein aan, en toe's dit reeds kwart oor een. Die swartmis sou twaalfuur begin het, maar die inisiasie begin eers om halftwee. Dis Samuel se tweede besoek as observeerder by 'n byeenkoms, maar sy eerste keer by 'n inisiasie, en daarom staan hy die naaste aan die ontsnaproete. Die groep sataniste staan reeds om 'n klipaltaar en dreunsing. Op die grond by die altaar lê 'n dooie bok, en 'n bloedspoor in 'n groot sirkel dui aan dat die dier by elke covenlid verbygesleep is.

Die area is goed beskut na alle kante, en geen lig of klank kan ontsnap na enige bewoonde gebied nie. 'n Ent teen die heuwel agter die aanbiddingsterrein is daar lig -- die nuweling word daar privaat voorberei vir die seremonie wat gaan volg. Dit word tweeuur, al die agente is op hul plekke -- Calin en Cindi tussen die sataniste, en die res iewers teen die randjies -- en die dreunsang hou skielik op.

Die seremonie gaan begin.

deel twee

... moet nog skryf


Site Meter
free afrikaans hosting
1000 afrikaans links
many afrikaans links
quite a few afrikaans links
the afrikaans crow's nest, 500 links
afrikaans / english translation
html writers' guild

(c) 1999 Samuel Murray
leuce@geocities.com

http://www.geocities.com/EnchantedForest /Dell/6414/semgam.html
http://www.geocities.com/lacialacia/semgam.html
http://ey.to.hey.to/ (url forwarding) then semgam.html

Page created: 1999-08-30
Page revised: 1999-10-30

Founts used: Maiandra, Papyrus, OCR A Extended, Viner Hand, Arial, Helvetica, Tahoma. Graphics designed using: MS Paint w95 (drawing), MS Photo Editor 3.0 (to convert to gif and jpg), ACDSee 2.41 (viewing). File compression using: WinRAR 2.50. Html written using: Arachnophilia 3.9. Total time used: (not available yet).

Site layout optimised for printing. Best viewed with any 3rd generation browser at 480x640 resolution or higher. A zip-archive of this entire site is available as eytoheyto1.zip (379 kb) and eytoheyto2.zip (427 kb).

Banner exchange:
ZA Banner Exchange