Stap

 

Nog steeds by die Suikerboschfontein roete. Dit was ons eerste aand se hutte. Baie interresante hutte wat mens nie sien voor jy 10 meter van hulle af is nie. Op ons tweede dag was dit nogal senutergent om nie die hutte te kon sien nie en heeltyd te wonder wanneer kom die einde nou !

 

So lyk die gesig wat jy graag wil sien as jy daar iewers in die middel van niks opsukkel teen, wat vir jou voel, soos 'n 90 grade helling. Die is natuurlik die vakansie dorpie Nature's Valley. Hier het ons drie wat agter gestap het, natuurlik heel verkeerd en seker 'n ekstra 2 kilometer gestap tot by die restaurant aan die anderkant van die dorp. Met absoluute genade van Bo het ons mense ons daar raakgeloop en het die 'blaps' ons op die einde nie te duur te staan gekom nie.

 

Terug na Etienne se foto album