Ons Mauritius vakansie

Augustus 2003

Die volgende is ‘n “Dagboek” wat ons gehou het tydens die vakansie. Die foto’s pas so losweg in met die storie. Lekker lees...

(Die bladsy neem omtrent 8 minuute om af te laai ... baie foto's)


5 Aug

Aankoms by Hotel Ambre teen 11:00. Mens word verwelkom met iets te drinkte en ‘n ontvangs dame sit en verduidelik die hotel vir jou.

Stap ‘n draai deur die oord

Die paadjie na ons kamer toe:

Ons kamer van die strand kant af:

En die uitsig vanuit ons kamer stoep:

Middag slaapie tot 17:00

lees Harry Potter voor ons gaan eet pasta buffet

Die swembad area tussen die restaurante:

Drink 'n kraffie wyn saam met ete

6 Aug

Opstaan 09:00 en eet ontbyt.

Gaan strand toe, lê rond en gaan snorkel.

Die kids kry baie koud. Ons drink 7-up en bier op die strand. (MR 120)
I & H gaan vir die massage (MR1400) en die kids speel.
Speel "boci balls"

H&I Stap langs strand en kids speel by kids club.

Eet aandete - Chinese Buffet.

7 Aug:

Ontbyt.

Ry met fietse Belle Mare toe. (MR 500)

Hendrik en Gitte het die tandem aangevat:

 

Ry tot by Palm Beach Shopping Centre.

 

Draai om en gaan terug na Belle Mare. Koop Sarongs en T-shirts (MR 1845)

 

‘n Besige klein winkeltjie:

 

Ry terug hotel toe (Totaal 13km)

Ry roeibote en gaan op die Glass Bottom boat.

Lê op strand en kids gaan na kids club.

 

H&I spandeer die res van die middag op die strand sonder kids, drink 'n cocktail by die swembad (met chilli bite) en eet aandete in buffet restaurant Indian night.

 

Toe begin dit reen. Ons lê rond in die kamer, bad, stort en kyk TV.

8 Aug:

Na ontbyt, ry vir sight seeing –

 

Floreal:

Diamantslypery,

 

Bootbouery,

klere shoppie (franna MR 200)

krater

crocodile park, hoogtepunt is die skilpaaie

 

Hulle is geweldig sterk en loop maklik met mense op hulle:

 

Daar was omtrent 50 sulke reuse skilpaaie:

 

 

Gris Gris strand was baie winderig

 

huistoe

 

(taxi MR 2000)

9 Aug:

Francois se ontbyt bestaan uit pynappel en spek:

 

kinders na kids club - ry weer op die glass-bottom boat

H&I na Centre de Flaq (taxi RS 400)

 

Koop lappe ens (RS 960)

Spandeer tyd in die kamer.

H&I stap op strand suid van hotel en tel skulpe op.

 

Sien selfs see slakke op die strand:

 

Stap tot dit donker raak:

 

Lees Harry

Gaan eet (Mauritian /Buffet)

Kyk na Mauritian danse (Sega)

Gaan slaap

10 Aug:

Ontbyt

Under Sea Walk (F&G) hulle geniet dit BAIE!! H&I snorkel en neem foto's onder water.

Lê op die strand.

Gitte na kids club.

H&I ry paddleboot en Franna ry kanoe.

Franna wil waterski maar kry te koud.

H&I na kamer vir 'n middagslapie.

F speel met maatjies balle.

11 Aug:

Ontbyt

Snorkel trip uit met die boot. - Great!!

Neem baie foto's

H&I snorkel verder in die baai.

Lounge op strand vir 'n rukkie.

Ry met fietse Belle Mare toe om te kyk of ons nie die films kan ontwikkel nie. - Niks.

Sien ‘n groot book se wortels.

 

Koop Fruit Cuntney Chips in Belle Mare en eet die op die Public Beach.

 

 

Eet middagetesaam met Francois in die Beach Bar: Ham baguette, Chips & roomys.(+/- RS 450)

Gaan huistoe vir 'n stort, bad, harry Potter & aandete in die "Mare Monti” restaurant.

 

Pragtige tafel versiering, met die kerslig deur die blom:

 

12 Aug:

Ontbyt.

Lees Harry nadat Gitte KidsClub toe is.

Gaan speel Putt-putt.

H=24 &24

F=29&27

I= 29&27

Lê verder op die strand en tan.

Franna & H vat 'n seilbootjie en probeer dit. Kry dit nogal reg!! :-)

Tan verder.

F&G by die kids club.Franna spandeer ook baie tyd op die boot wat vir waterski gebruik word.

Gaan gesels met Audrey van White Sands.

Terug strand toe - koop nog T-shirts & Plekmatjies.

Drink net coke saam met ete en voer die voels.

 

13 Aug:

Staan op 07:00

Eet ontbyt.

Gaan vir SCUBA swembadsessie 09:00.

Duik in "Lagoon" 11:00.

Duik op "Akwarium Reef" 13:30.

Francois kry 'n sertifikaat vir sy duik sessie. (RS 8850)

 

Terug huisie toe vir 'n warm bad en stort.

Eet slap chips en Bier op die strand.

Lees Harry.

Lees sommer net elkeen sy eie boek.

Sit en drink ‘n cocktail in die bar:

 

Aandete

14 Aug:

Ontbyt.

Kryreg om 'n dag tripte vat na die Noorde.

Vat 'n taxi na Port Louis

 

Die landskap is suiker riet lande met die berge in die agtergrond:

 

Loop deur die market en shop.

 

En drink heerlike vars uitgedrukte vrugtesap:

Gaan van daar af na Pamplemousse Botanical Gardens.

 

 

 

Francois gooi water op die lelie blare:

 

Gitte voor ‘n pragtige pers bos:

 

Vandaar ry ons Noord na Grand Baie.

 

Eet middagete daar (16:00) Grilled Calamari en Cocktails. Heerlik!

Laat ontwikkel die films.

Ry met die Noorde kuspad om huistoe.

 

Koop weer water, koeldrank en "Castle" en "Adelpracht" oppad in Belle Mare.

Terug Hotel toe vir'n bad en aandete in "Mare Monti". (RS620)

Kyk na die African Spectacle: n regte spectacle met Mauritians wat Zoeloe danse probeer doen op 'n nat vloer. Nie baie oortuigend nie en die dromme was oorverdowend.

Bed toe.

15 Aug:

Opstaan en ontbyt.

Speel Putt-putt.

Spandeer die res van die dag op die strand.

Hendrik leer Franna seilboot ry.

Irene ry roeiboot saam.

Buffet aandete seafood - Hendrik eet sea urchin - grous!!!

Aand Kareoke. Irene neem deel.

Voeltjie mis op Gitte:

 

16 Aug:

Opstaan & Ontbyt.

Ry Centre de Flaq toe vir 'n bietjie shopping. (RS400)

Ry seilboot en tel skulpies op tot 16:00.

 

Putt-putt & tafeltennis.

 

Ons het lekker op die strand gaan stap:

 

en onder andere ‘n purpur skulp gekry:

(Gitte se hand is met henna versier)

Gaan kry die bamboes by die handdoektannie en gaan eet by Mare Monti. (RS870)

Reguit bed toe.

17 Aug:

Ontbyt.

Terug kamer toe vir 'n rustige dag in. - lees, opvang met die admin ens..

Dis koud en reenerig.

Lees basies die hele dag.

Gitte by kids club.

Franna en H ry een keer seilboot maar word weer uitgejaag deur die reen.

Middagete by die beachbar.

Aandete by Buffet (met hoenderlewerpattee)

18 Aug:

Opstaan & ontbyt.

Gaan na ontbyt strand toe maar die gety is te laag om kanoe te ry.

Gaan speel putt-putt.

Gaan swem in die swembad.

 

Aqua aerobics & waterpolo. Ons wen die polo, en kry sjampanje en drink dt langs die swembad.

Toe die gety hoog genoeg is vat onsdie paddleboat en kanoe en roei tot diep in. Die water was baie helder en ons kon baie mooi vissies sien sommer van die boot af.

 

Toe ons afklim sny Gitte haar voet op die boot.

Mediese stasie toe vir pleisters. En daarna moes sy skoene dra:

Gaan sit weer by die swembad en drink 'n cocktail.

Toe jaag die reen ons weer terug in die huisie in. Hendrik en die kids speel dambord.

H&I loop op die rotse - kids join ons en toe sien ons die klein pienk eel.

Toe jaag die reen ons weer terug en H&I speel dambord. Drink lekker Adelpracht en kyk ook TV.

Buffet aandete met "1001 Nights" kos. Nogal nice. Bed toe!

19 Aug:

Opstaan, ontbyt en pak.

Lê op die strand rond.

Eet middagete op de strand met pynappels vir nagereg.

‘n Paar cocktails, bussie na die lughawe

Huis toe.