Cyprus

(Hierdie bladsy behoort so 5 minuute te neem om te laai)

Ons was Cyprus toe vir 2 weke (21 April tot 5 Mei). Dit was my lekkerste vakansie ooit! Ek beveel Cyprus aan vir enige iemand. Dit is nie te duur nie, en daar is iets vir almal. Daar is natuur, shops, kids stuff, en sommer ook net rustigheid. Die mense is vriendelik. Crime is laag. En mens kan jou Coke by MacDonalds ruil vir 'n bier .... wat meer wil mens hê!

Hier is 'n paar van die foto's, met 'n kort beskrywing by elk. Die text is Hendrik se telegram styl. Irene sal later langer en vol sinne byvoeg. :-)

Die foto's neem heelwat tyd om af te laai. Die meeste fotos is so 15Kb groot. Wees maar geduldig....

 

Paphos

In kontras met Qatar, is daar berge, bome, gras en groen:

Kato Paphos.jpgUitsig oor Kato Paphos. Wingerde in die voorgrond.

Helios Bay Hotel.jpgHierdie is die uisig wat ons vanuit ons kamer in Paphos gehad het. Ons het in die "Helios Bay" hotel gebly.

Agios Georgios buite.jpgAgios Georgios van buite. Dis naby ons hotel in Paphos.

Agios Georgios dak'n pragtige foto wat Irene van die dak binne Agios Georgios geneem het. Al die mure en die dak is beskilder.

 

Een van ons vele lekker etes in Paphos. Hierdie een is die restaurant net langs Helios Bay hotel:

Before:BeforeAfterand After

Oor die algemeen is die kos heerlik, en bekostigbaar. Mens se gewig kom egter tweede.

Paphos boog met HendrikIn Paphos, is daar ou ruïnes van die "Byzantine Castle". Hierdie boog van klip staan nog!

Aion en TheseusDie huis van "Aion en Theseus" - Hier is mosaiek op die vloer. Dis BAIE groot. Die hele ou huis se vloere lyk so. Hierdie paneel is omtrent 5m x 3m groot.

 

By die "Cockatoo Bar", het ons gaan 10-pin bowling speel.

en die kinders het dit vreeslik geniet.

Tombs of the Kings

Irene - Tombs of the Kings.jpgTombs of the Kings 2.jpgIrene by een van die tombsTombs of the Kings.jpgDie Tombs of the Kings is 'n stad wat uit klip in die berg gekap is. Daar is huise met baie slaapkamers, trappe, en selfs dubbel verdipeings.

 

Hier is Hendrik, Francois en Brigitte besig om uit te stap by een van die boonste "deure".

Akamas peninsula

Noord van Paphos is die Akamas peninsula. Dis nog ongerepte natuur, en mens het 'n 4x4 nodig...

veral nadat dit gereen het. Van die modder poele was so diep dat die water oor die enjinkap geloop het as ons daar deur ry.

Ons het na die "turtle hatchery" gaan kyk, maar dit was nie die tyd van die jaar vir skilpaaie nie. Toe eet ons maar ....

 

 

 

 

Polis

Heel in die noorde van Cyprus is Polis. Die agtergrond wat op hierdie web bladsy gebruik word, is 'n foto van die see naby Aphrodite se bad. Dis pragtig skoon, met 'n klipperige bodem.

poppies.jpgHier is poppies wat so langs die pad groei. Dis oppad van Paphos na Polis.

Kerkie met Magrietjies.jpgRondom hierdie kerkie groei Magrietjies. Die plaaslike mense noem hulle "Margaritas".

Gitte en Francois by "Aphrodite" se bad. Dit was 'n entjie se stap soontoe. Gitte het met haar hande in die modder gevat, en daarom lyk sy so vies.

Francois se fotoHierdie foto het Francois self geneem. Dis op die strand in Polis by die hotel: Aphrodite Beach Hotel.

Ook in Polis, sit Irene en cocktails drink op die gras langs die strand. Heerlik!

 

Ons eet lukwarte (wat volop voorkom). Dis op die stoep van die hotel se restaurant.

Straat kaffeeIn Polis se "midde stad" is die strate nog middel eeus smal, en die straat is nou toe onder stoele en tafels.

 

Die berge (Platres)

Oppad tussen Polis en die berge is Skoulli. In Skoulli is daar 'n reptiel uitstalling van al Cyprus se reptiele.

Die slange wat die kinders vashou, is glad nie skadelik nie.

bostelefoon.jpgOns het die "alternatiewe roete" van Polis af na die berge geneem. Die boek het gesê dis ietwat "adventurous" - en glo my dit was! Ons het 'n hele dag gery aan omtrend 100km. In die hele dag was die kar se stuurwiel nie meer as 10 minute reguit nie - die paaie is baie skerp en kronkelrig.

Diep in die berge, by een van die spruite, vind ons toe hierdie telefoon...

Vir die GPS fanatics:

  • N 34 grade 56.254'

  • E 32 grade 40.615'

 

 

 

 

 

 

Kalednia watervalNa droewige paaie en die 4x4 in Low-Gear, het ons die Kaledonia waterval gekry.

 

kykos.jpgOns bestemming vir die dag was eintlyk die Kykkos kerk. Die kerk is beskilder met verskillende verhale uit die Bybel.

Na Kykkos, is ons Troodos toe. Bo op die berg het ons 'n heerlike ete geniet.

edlewiess.jpgOns kon nie in Troodos plek kry om te slaap nie want die enigste hotel se eienaar is oorlede, en hulle was gesluit vir 3 dae van rou. Ons het toe in Platres in die Edelweiss hotel plek gekry.

 

 

 

 

 

 

Limassol

Ons het van die berge af beplan om Limassol toe te gaan en daarna verder oos te trek, maar die moegheid het ons gevang, en Limassol is so nice, dat ons nooit verder gekom het nie....

pafosslaap.jpgFrancois en Gitte val om van moegheid in die Pigeon Beach Hotel. Dit was letterlik die eerste hotel waar ons gaan vra het vir plek, en ons het dit baie goedkoop ook gekry.

Op die strand kan Hendrik en Irene sit en cocktails drink terwyl die kinders in die parkie speel...

Ons was Wet&Wild toe. Dis 'n waterpark met Super tubes, en 'n Wave Pool. Hier speel Gitte en Hendrik in die golwe.

Lefkara

Oppad lughawe toe op die laaste dag, is ons Lefkara toe. Dis wêreld bekend vir die Lace. Hierdie is die winkel waar ons van die kantwerk gekoop het. Die eienaar wys mens hoe hy dit maak, en vertel ook die geskiedenis van die kuns.

 

 

 

 

 

 

 


GPS

Laastens, hier is 'n file met al die GPS inligting op. Gebruik MapSource.


Created: 9 June 2000