1998-1999 Year 2

Francois gaan die eerste dag skool toe!

Hy was baie opgewonde om skool toe te gaan, maar omdat die fassiliteite nog nie gereed was nie, het die skool eers 'n week later begin. Hy is toe op 12 September vir die eerste keer skooltoe.

Sy juffrou is Miss Trish Edwards wat van Brittanje af kom. Sy is dierbaar maar baie streng. Sy help ons uit met ekstra oefeninge om Francois op datum te kry aangesien hy van Gr 0 na Year 2 moes spring. Die skool voel dat dit beter is om die kinders in die regte ouderdomsgroep te hou as op die vlak waar die kind is. Hulle sê die kinders is nog jonk genoeg en leer vinnig genoeg om betyds op te vang.

Soos met menige kinders se eerste jaar in die skool het dit maar bietjie rof gegaan. Dit was sy eerste jaar en meeste van die ander kinders se 3de jaar in die skool. Hulle was al gewoond aan die dissipline van stilsit en luister en doen, maar Franna moes eers gewoond raak daaraan. Vir hom het die lewe nog bestaan uit fantasië en geluide maak. Soveel so dat Miss Edwards 'n paar keer met my moes praat oor "die kind wat onder die tafel sit en geluide maak". Teen die einde van die eerste termyn was al daardie probleme iets van die verlede en het hy net soos al die ander gesit en sy werk (met groot spoed) gedoen.

Sy eerste skoolfoto's word geneem en hier is hy by sy juffrou, Trish Edwards (regs) en die hulp (auxilliary) en sy klasmaats. Sy individuele foto wys nog sy "uit voortande".

In die P.E. klas word daar geswem gedurende die somermaande en so word hulle gegradeer vir elke "achievement" in die swemklas. Hier is sy sertifikate wat hy ontvang het:

Die standaard vir 6 jariges (Oktober 1998) is dat hulle 10m ver alleen moet kan swem. (Francois was op daardie stadium lankal verby 10m maar hulle toets nie verder as 10m nie.) Die standaard vir 7 jariges is 25m (Junie 1999).

Die konsert vir die "Infant Section" van die skool - dis nou Nursery, Reception, Year 1 and Year 2, was gehou op 9 Desember 1998. Die tema van die konsert was die "The Magic Carpet" en so het hulle op die magic carpet gereis reg om die wêreld en het hulle verskillende lande besoek. Francois was 'n Mexican singer en was 'n ster met sy kitaar en sy wikkelende lyfie.

Die skool het ook soos meeste ander skole 'n merite sisteem waarvolgens die kinders gemeet en aangemoedig word om goeie werk te doen. Francois het op 10 Feb 1999 sy eerste merite sertifikaat vir "25 Merit Marks" ontvang en op 26 April 1999 sy sertifikaat vir "50 Merit Marks".

Die nuwe termyntema vir Aardryksunde en Geskiedenis is "The Aztecs". Francois het dit vreeslik geniet en sy skool rapport lees as volg: "Francois particularly enjoyed the more gruesome side of the Aztecs." In Natuurwetenskap leer hulle nou van "electricity, sound and movement including some work on forces". Nogal gevorderd vir sulke kleintjies, maar hulle het dit vreeslik geniet. Hier is Francois se stroombaan:

Nog 'n hoogtepunt op die skoolkalender was die "Sports Day" waar daar gehardloop, gepring, sakresies, hindernisbane en allerhande lekker dinge gedoen is. Francois was die leier van die "Infant Division" se Blue Team.

 

Een van die skooluitstappies wat Francois lank sal onthou, was die uitstappie na Fauchon, die "Salon de Té". Die klas het gaan kyk hoe lyk dit in die kombuis van 'n baie ekslusiewe Coffee Shoppe. Die kinders het die geleentheid gekry om hulle eie "sandwiches" en southappies te maak:

Click hier om te sien wat Francois te sê het oor Fauchon.

 

 

 

 

 

Vir enige kind is die uitstappie na die dieretuin ook 'n hoogtepunt......Lees self hier om te sien wat hy te sê het.

Die laaste week van die skooljaar het hulle "Qatar" as tema gehad. Francois het met baie interessante dinge oor die land by ons aangekom en ook baie mooi kunswerke gemaak....

Die Kunjar... Die Kameel... Die Weefwerk...

Gedurende hierdie week het hulle ook die "Qatar National Museum" besoek. Hier is 'n paar foto's....

Die hele klas... Verveeld of....

....Moeg?...

So word die jaar afgesluit en lê daar nou 'n laaaaang vakansie voor. Een ding wat vir ons as Suid-Afrikaners baie vreemd was, is dat al die maatjies "oorsee gaan" vir die vakansie. Almal vlieg in verskillende rigtings om die vreeslike hitte van die Doha somer te ontduik.

 


1999-2000 Year 3

Year 3 begin met 'n "BANG" na die laaaaaaang lekkkkker vakansie in goeie ou Suid-Afrika. Met 'n kop vol Wildtuin, berge, bosse, Oupa's en Ouma's en ander familie, wil Francois glad nie skool toe gaan nie. Die eerste dag sleep hy homself daar by die skool in en verwag die ergste. Wel, tot sy verbasing, het hy hierdie jaar 'n Meneer en nie 'n Juffrou nie. Mr Tim Aviss. Hy is ook 'n Brit wat reeds en Kuwait en Suid-Afrika (Durban) skoolgehou het. Francois kon nie glo sy meneer kan 'n paar woorde Afrikaans praat nie en toe vergeet hy sommer dat hy nie eintlik wou skooltoe gaan nie.

Hier is sy foto....en sy klasfoto...

Dit het wel 'n bietjie tyd gevat om weer by te kom en op spoed te kom, maar hy moes maar vasbyt en moedhou en aanhou.

The subject topics for the first term (September - October) are as follows:

History - The romans and particularly their settlement in Britain.

Science- Our bodies and healthy living.

Maths - Lenght, data ordering, shape, angles

(I will publish the picture material as soon as it is available)

One extra subject that is intoduced from year 3 onwards, is recorders. Francois enjoys this very much and likes to entertain us (he even provided music once at dinner to the rest of the family).

The Second Term started off with an Autumn Fair which was held on 18 November 1999. Fortunately Oupa Klasie en Ouma Vlekkie were here to join in the activities. The event was opened by some traditional Scottish dancing by some of the Y5 and Y6 pupils after which the Scottish Piper lead us all into the Fair Ground with his Bagpipe. This was a windy but very enjoyable afternoon with games for the children, interesting stuff to buy, hair beading and even body painting....

Die Piper het so hard geraas dat Francois nie naby hom wou staan nie. :-)

 

 

 

The subjects for the new term are as follows::

History - The Anglo-Saxons.

Science- Materials and their properties.

Maths - 2,3,4,5 and 10 times tables, division, halves and quaters, weight, volume and patterns

Geography - Our area.

(I will publish the picture material as soon as it is available)

During the second term he received his frist 25 Point Merit Certificate and was very proud of it. He really works hard for those merit marks and is always very excited to tell me if het got a merit mark during the day.

Die termy het maar op 'n redelike stil noot afgesluit en ons het nêrens heengegaan vir die vakansie nie. Daar is wel baie uitgeslaap by maatjies en rondgery in die woestyn.

 

 

 

 

Back to Home